Senior Bestuurder: Korporatiewe Dienste

SSK , ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy hoofkantoor in Swellendam .

Senior Bestuurder: Korporatiewe Dienste

Vir hierdie uitdagende geleentheid is ons op soek na ‘n dinamiese, toepaslik gekwalifiseerde persoon wat eienaarskap aanvaar vir die effektiewe bestuur van SSK se Korporatiewe Dienste afdeling wat bestaan uit die Sekretariaat-, Regsdienste-, Korporatiewe Bemarking-, Risiko- en Voldoeningsfunksies asook die Versekeringsafdelings.

Van die posbekleër se kern verantwoordelikhede behels o.a. die volgende:

  • Die ontwikkeling en bestuur van oorhoofse risikobestuurstrategieë ten einde die werkgewer se bates en reputasie te beskerm.
  • Die bestuur van die Bemarking en Kommunikasie funksies, asook die dryf van bemarkingsinisiatiewe, handelsmerksigbaarheid en ‘n gesonde korporatiewe beeld.

Die ideale kandidaat beskik oor ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie (bv. ‘n graad in Besigheidsadministrasie, Finansies, Regte of verwante velde tesame met ‘n professionele sertifisering bv. CFA, CPA, CGISA), ten minste tien jaar bewese ervaring en blootstelling in korporatiewe dienslewering, risiko- en nakomingsbestuur, bewese sukses in ‘n sekretariaat en openbare betrekkinge rol, met ‘n bemarkingsgeoriënteerde benadering en uitstekende onderhandelings-, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede. Goeie beplanning en prioritiseringsvermoë met rekenaarvaardigheid (MS Office pakkette), uitstekende taalvaardigheid, asook ‘n geldige Kode B bestuurslisensie is verdere vereistes.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige cv aan Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as Vrydag, 17 Mei 2024 . U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke- geleentheid werkgewer.

#J-18808-Ljbffr

Anderen bekeken ook